Johan en Amanda Kotzé (Des 2018) Part 1

Kliphoek, na jou het ons nie lank gesoek.....net buite Velddrif geleë, geniet 'n mens dit daar terdee.....met 'n rivier en soutwater van die see, voer dit jou gedagtes baie ver mee.....met bote wat oor die water gly, is jy dankbaar jy het 'n plekkie hier gekry.....'n rob in die rivier sowaar, jy kan dit maar glo en klaar.....en in die verte die soutpanne, weet jy dis die plek vir die gesin met hul manne.....ja die Transvalers is ook hier, met hul boeppense vol van bier.....

Johan en Amanda Kotzé (Des 2018)Part 2

met die gedreun en sien van die Sishen trein, weet jy dis tyd vir 'n koue glasie wyn, met mense wat visvang by die waters, is ons almal sommer gou gou maters.....elke plot met sy eie ablisie blok, maak dit alles net lekker vlot.....Here U het die aarde en alles gemaak, U het beslis Kliphoek ook aangeraak, as ons moet vertrek sal ons beslis oor die plek wil ween, ons vra dat U die plek met U Genade sal seën.

Wendy Coleman (Jan 2018)

I have loved our stay here. The quiet, being in nature, feeding the birds every morning.Stunning sunsets, and a glorious Super Moon this week. All I can say is , God is Great. Many boat rides on the B...erg river. We are thankful for the water. The great facilities, a huge treat having a private bathroom at each campsite which by the way is cleaned each day. They have provided shade for the sites and wind breaks and even ground cover. Shaded areas with ground cover at the waters edge also a bonus � thanks Kliphoek for having us.�

Koos Van Niekerk (2017)

Goeie Middag. Graag wil ons net ons dank uitspreek dat ons verlede week by julle kon kamp. Julle plek is pragtig met uiters skoon ablusie geriewe en heerlike skaduweeryke staanplekke. Selfs tydens Dinsdagaand se stormweer, was ons beskut en droog. Almal vanaf die eienaars tot die skoonmaak personeel het ons spesiaal laat voel en daarom het ons dadelik weer bespreek vir Desember. Die visvang was natuurlik ‘n bonus. Groete

Bergh Gesin (Des 2016)

Goeie middag Graag bedank ons julle vir 'n wonderlike verblyf wat ons geniet het oor die Kers Seisoen en gasvryheid waarmee ons ontvang is, asook die geskenk pakkies wat Ou Kersaand uitgedeel is.  Dit is 'n wonderlike gebaar, baie dankie, ons sal verseker weer kom. Groete Bergh Gesin 

Julia Wait (Aug 2016)

Thank you so much, we had a wonderful stay.  Your place is so impressively equipped, neat and clean, we will definitely be back. Regards Julia Wait

Riana Venter (Okt 2015)

Mariette, VREESLIK baie dankie vir 'n wonderlike naweek daar by jul plekkie. WOW, die huisie se uiteensetting en toerusting is absoluut van uitstaande gehalte en ons het HEERLIK gekuier. Sal beslis weer kom, wens sommer mens kon permanent daar bly... maar nou ja, Lekker hou mos maar net vir 'n kort rukkie en dan moet mens maar weer terug na die stad se gewoel...   Normaals baie dankie, dit was regtig 'n wonderlike naweek, net jammer dit was so kort.    

Ada Voges (Feb 2015)

Baie , baie dankie vir ‘n wonderlike twee weke op Kliphoek – ons het dit – soos altyd – terdeë geniet.   Patrys se verbeteringe is mooi en goed gedoen.  Veels geluk met wat julle daar vermag.  Ek besef maar alte goed hoeveel moeite in sulke projekte gaan.     Hoop julle het ‘n suksesvolle en gesonde 2015.     Dankie ook vir die manier waarop ons altyd daar by julle verwelkom word – ons waardeer dit baie en dit voel elke keer asof ons tuisgekom het.

Zoe McEwan Marriott (Feb 2015)

One of the most magical places I know of ♥ Nothing but the best of memories

Susan Nortje (Feb 2015)

Dankie vir die lekker verblyf die naweek!  Ons will weer kom vanaf die 3de tot die 6de April 2015.